Warning: Undefined array key "accepted_args" in /home/u548893485/domains/softedge.dev/public_html/cmsa/web/wp/wp-includes/class-wp-hook.php on line 441
South Africa Selection - ‘n Globale maatstaf vir wyn en spiritskompetisies
Brasil Selection by CMB Medal

South Africa
Selection

by CMB

Concours Mondial de Bruxelles bied met trots aan, die South Africa Selection by CMB, ‘n invloedryke en gesogte kompetisie vir alle Suid-Afrikaanse wynprodusente en distileerders. .

Kaapstad Suid-Afrika
17 tot 20/09/2024
Contest Medal Resultate Resultate op 26-09-2024

‘n Globale maatstaf vir wyn en spiritskompetisies

Ons visie: om Suid-Afrika se beste wyne en gedistileerde produkte te identifiseer, om daaruit ‘n gids vir verbruikers wêreldwyd te bied asook om die wynkultuur en geskiedenis van Suid-Afrika te bevorder.

Concours Mondial de Bruxelles branded bags
Die kompetisie

Globale blootstelling op tuisgrond

Met meer as 30 jaar ondervinding in die bestuur en bemarking van wyn- en spiritskompetisies dwarsoor die wêreld, vestig Concours Mondial de Bruxelles (CMB) nou ook permanent in Afrika. Die nasionale South Africa Selection by CMB is oop vir wyn- en spiritsprodusente in Suid- en Suidelike Afrika.

Hierdie opwindende kompetisie bied nou aan produsente ‘n globale maatstaf om hulself mee te posisioneer in beide plaaslike en internasionale markte onder die vaandel van een van die wêreld se mees invloedryke kompetisies. En dit sonder die risiko en die koste van internasionale verskeping.

Meer oor die kompetisie
Aerial view of Cape Town
2024 Kompetisie

Kaapstad

Die heel eerste South Africa Selection by CMB vind plaas van 17 – 20 September 2024 in Somerset Wes in die Wes-Kaap.

Vind meer uit oor die 2024 kompetisie
Someone serving a glass of red wine

Beoordelaars

Die 2024 paneel bestaan uit 45 geselekteerde wyn en spirits spesialiste uit 21 lande. Slegs professionele wyn- en spirits kenners word genooi om deel te wees van ons beoordeelaarspanele. Hierdie beoordeelaars is in die eerste plek uitgesoek vir hul vermoë om die kompetisie se inskrywings onafhanklik te beoordeel en daaruit die bestes te vind en te bekroon. Hulle is egter ook invloedryke wynskrywers, invoerders en verspreiders, bemarkers, wynboukundiges, wetenskaplikes, wynmakers en sit op verskeie bedryfsrade.

Ontdek ons beoordelaars

Jongste nuus

Bedryfsvenote

In samewerking met

Word deel van die kompetisie !

Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.