Warning: Undefined array key "accepted_args" in /home/u548893485/domains/softedge.dev/public_html/cmsa/web/wp/wp-includes/class-wp-hook.php on line 441
Die kompetisie - South Africa Selection
Zoom on the hand of someone uncorking a bottle of wine

Die kompetisie

Globale blootstelling op plaaslike terrein

Met meer as 30 jaar se ondervinding in die bestuur en bemarking van wyn en spiritskompetisies dwarsoor die wêreld, vestig Concours Mondial de Bruxelles (CMB) no ook permanent in Suid-Afrika. Die nasionale South Africa Selection by CMB is oop vir wyn en spiritsprodusente in Suid- en suidelike Afrika.

Hierdie opwindende kompetisie bied aan produsente nou ‘n globale maatstaf om hulself te posisioneer in beide plaaslike en internasionale markte onder die vaandel van een van die wêreld se mees invloedryke kompetisies – sonder die risiko en die koste van internasionale verskeping.

Wine bottles on a wood barrel

Professionele bedryfskenners

Wyne en gedistilleerde spirits wat ingeskryf word vir die South Africa Selection by CMB word beoordeel op grond van die wyn se tipiesiteit, styl en balans.

Slegs professionele wyn- en spirits beoordeelaars word genooi om deel te wees van ons beoordeelaarspanele. Hulle word geselekteer vir hul vermoë om die inskrywings te beoordeel en die top produkte te vind en te bekroon.

Wine factory tanks

Operasionele waarde

Deelname aan die South Africa Selection by CMB bied produsente en bemarkers waardevolle terugvoering van die professionele beoordeelspaneel na afloop van die kompetisie. Hierdie inligting mag ‘n nuttige hulpmiddel wees in die bemark en verkoop van elke wyn, sowel as uitstekende produk inligting vir die wynmaker en distileerder.

People cheering with wine glasses

Verhoogde bewusmaking

Die nuwe South Africa Selection by CMB sal ‘n daadwerklike bydrae maak tot ‘n verhoogde profiel van ons plaaslik-vervaardigde produkte op die wêreldmark. Blootstelling van ons wyne en gedistilleerde produkte aan die wye gehoor van gekose bedryfsspesialiste, verspreiders, sommeliers en wynskrywers skep geleenthede vir nuwe verspreidingsnetwerke en bemarkingsgeleenthede.

Word deel van die kompetisie !

Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.