Warning: Undefined array key "accepted_args" in /home/u548893485/domains/softedge.dev/public_html/cmsa/web/wp/wp-includes/class-wp-hook.php on line 441
Gasheer - South Africa Selection
Aerial view of Cape Town
South Africa Selection by CMB National competition medal

Gasheer 2024 - Somerset West, Weskaap

‘n Netwerk van wingerde en wyn

Somerset-Wes is geleë in die Hottentots Holland area, 'n halfuur se ry met die N2 snelweg vanaf Suid-Afrika se wetgewende hoofstad, Kaapstad. Historiese wynlandgoedere is verweef met moderne kelders, hotelle en winkelsentrums teen die agtergrond van die Atlantiese Oseaan – saam weef dit ‘n eklektiese prentjie van een van Suid-Afrika se belangrikste wynproduserende streke.

Die heel eerste volwaardige, nasionale Concours Mondial de Bruxelles kompetisie in Suid-Afrika vind plaas van 17 – 20 September 2024 in Somerset Wes in die Wes-Kaap.

Cape Town top view

Historiese oorsig

Somerset-Wes is in 1822 gestig, en vernoem na Lord Charles Henry Somerset, 'n Engelse goewerneur van die Kaapkolonie gedurende die 1800’s. Die agtervoegsel ‘Wes’ is bygevoeg om dit te onderskei van Somerset-Oos, 'n dorp in die Oos-Kaap.

Aerial view of Somerset West, Cape Town

Met ‘n bevolking van meer as 3 100 000 inwoners, is Kaapstad 'n besige metropolitaanse wereldstad. Ook bekend as die Moederstad, is Kaapstad 'n hoogs gekonsentreerde smeltpot van mense, goedere en dienste, verweef in veelvuldige residensiële areas en besigheidsdistrikte en industriële areas. Boonop spog die stad met ‘n besondere ligging: groot dele van die stad en sy voorstede lê verspreid oor die steil hange van Tafelberg en ander dele wat suidwaarts strek tot Valsbaai.

A mountain in the back with vineyards at the bottom

Geboorte van ‘n wynbedryf

Die eerste druiwestokke is in 1655 deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie geplant in die Kaap die Goeie Hoop. Hul toegewydheid en ywer, tesame met die gunstige terroir, het die fondament gelê vir die groei van die Suid-Afrikaanse wynbedryf en om die Kaap te vestig as die episentrum van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Begin van die Suid-Afrikaanse wynbedryf

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is uniek in die opsig dat dit tot op die dag die geboortedag van sy wynbedryf kan bepaal!

Op 2 Februarie 1659 het die eerste Nederlandse goewerneur, Jan van Riebeeck, die volgend inskrywing in sy dagboek gemaak: “Vandag, prys die Heer, is wyn vir die eerste keer gemaak van Kaapse druiwe”. Dit sou egter nog 30 jaar – en tien Goewerneurs – neem voordat Simon van der Stel die eerste wynplaas in die Constantia Vallei sou vestig – sowat 20 minute van die moderne stad van Kaapstad.

A vineyard and a white house with mountains in the background

Vinnige feite

  • Suid-Afrika is een van die wêreld se grootste wynprodusente en is tans agtste in terme van globale wynproduksie.
  • Suid-Afrika produseer 3.9% van die wêreld se wyn met 'n jaarlikse wynoes wat in 2022 1,068.3 miljoen liter beloop het. Van hierdie totaal is ongeveer 80.9% gebruik vir die produksie van wyn, 4.0% vir brandewynproduksie, 11.8% vir wyn distillasie en 3.3% vir druiwesapkonsentraat en druiwesap.
  • Ongeveer 89 000 hektaar grond is onder wingerd, met meer as 2 400 boere wat druiwe verbou – hetsy vir wyn- en spiritualieëproduksie of vir uitvoerdoeleindes (in 2022 het Suid-Afrika na beraming vars druiwe ter waarde van $760m uitgevoer).
  • In 2022 het Suid-Afrika meer as 368 miljoen liter wyn na verskeie lande regoor die wêreld uitgevoer, hoofsaaklik die Verenigde Koninkryk, Duitsland, die VSA en Nederland.
  • Suid-Afrika se vinnigste groeiende uitvoermarkte is die Verenigde Konginkryk, die VSA en Rusland (met 'n toename van ongeveer $13miljoen van 2020 tot 2021).
  • Die Suid-Afrikaanse wynbedryf verskaf ekonomiese bestaansreg aan meer as 260 000 mense, beide direk en indirek.
  • Suid-Afrika is ‘n wêreldleier op die gebied van die bepaling van die omgewingsvolhoubaarheid en gereguleerde produksie-integriteit van wyn. Die bekendstelling van 'n unieke Wyn van Oorsprong-seël in 2010 beteken dat die integriteit en volhoubaarheid van elke wyn - van wingerdstok tot bottel – opgespoor en gesertifiseer kan word. Die seel bevestig dat 100% van die druiwe waarvan die wyn gemaak is, uit die aangeduide betrokke area afkomstig is.
  • Pinotage is Suid-Afrika se eie unieke variëteit, geskep in 1925 uit Pinot Noir en Cinsaut (toe bekend as Hermitage) deur Prof. Abraham Izak Perold. Vandaar die naam saamgestel as Pino + Tage. Eers sestien jaar later (in 1941) is die eerste vat Pinotage wyn in Stellenbosch aangebied. Nog 20 jaar later het die naam Pinotage vir die eerste keer op 'n wynetiket verskyn, naamlik die SFW se 1959 Lanzerac Pinotage, wat in 1961 vrygestel is.

Suid-Afrika se hoof wyn-variëteite

Suid-Afrika se uiteenlopende wynbedryf strek oor die hele wêreld se groot kultivars :

A vineyard hallay, front view

Chenin Blanc, plaaslik bekend as “Steen”, is die mees algemene variëteit in Suid-Afrika, wat ongeveer 18% van wingerde uitmaak, gevolg deur Cabernet Sauvignon wat ongeveer 12% van wingerde beslaan en stewige, ouderdomsbestande wyne met ryk geure en stewige tanniene produseer. Sauvignon Blanc verteenwoordig ongeveer 10% van Suid-Afrika se wingerde, gevolg deur Chardonnay wat ongeveer 8% van wingerde uitmaak, en Merlot: wat ongeveer 6% dek. Ander gewilde kultivars sluit in Colombard (hoofsaaklik gebruik vir brandewynproduksie), Shiraz (Syrah), en kleiner blokke van kultivars soos Grenache, Viognier, Semillon, Pinot Gris, Petit Verdot, Gewürztraminer, Riesling, Grüner Veltliner en Bukkettraube. Muscat d’Alexandrie, beter bekend as Hanepoot in Suid-Afrika, word wyd verbou en is verantwoordelik vir die meeste van die land se gewilde verskeidenheid soet en gefortifiseerde wyne.

Produksie en verbruik van gedistilleerde produkte in Suid-Afrika

Suid-Afrika se innoverende spirits bedryf het oor die afgelope twee dekades baie bekroonde produkte op 'n internasionale vlak opgelewer. Suid-Afrikaanse distilleerders bied verbruikers unieke en innoverende produkte deur die gebruik van ons besondere plantlewe en omgewing.

Whisky-verbruik staan bo-aan die lys, met sowat 4.1 miljoen Suid-Afrikaners wat gereeld whisky verbruik. Brandewyn liefhebbers word gereken op sowat 3.3 miljoen.

A glass of Gin with lemons and oranges aside

In lyn met die res van die wereld, het gin verbruik die afgelope dekade beduidende groei getoon. Volgens SA Wine Industry Information and Systems het gin verkope in Suid-Afrika met 151% toegeneem: vanaf net meer as ses miljoen liter tot oor die 15 miljoen liter tussen 2014 en 2018.

Hierdie toename in gewildheid het gelei tot 'n land-wye ontploffing van gin distilleerderye oor die afgelope dekade. In die Wes-Kaap alleen is daar in 2023 reeds meer as 50 geregistreerde gin distilleerderye geregistreer, met ongeveer 30 van hulle geleë in die Wes-Kaap.

Syfers toon dat Suid-Afrika tans in die vyfde plek wêreldwyd staan in alkoholverbruik, met die tipiese Suid-Afrikaanse drinker wat ongeveer 30 liter alkohol jaarliks verbruik (dit sluit in die groot kategorieë van alkohol, van bier tot spiritualiëe).

Word deel van die kompetisie !

Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.