Warning: Undefined array key "accepted_args" in /home/u548893485/domains/softedge.dev/public_html/cmsa/web/wp/wp-includes/class-wp-hook.php on line 441
Waarom deelneem - South Africa Selection
Médaille du Sauvignon Selection by CMB
Judges smelling white wine

Waarom deelneem ?

‘n Streng evalueringsproses deur gerespekteerde beoordeelaars uit 21 lande

As erkende maatstaf vir wyn- en spiritskompetisies wêreldwyd, fokus CMB op verskeie belangrike aspekte -

Wêreldwye erkenning van, en respek vir, CMB toekennings;

Die uiteenlopendheid en professionalisme van CMB se proepanele, wat objektiewe resultate waarborg en die kompetisie se uitstekende reputasie te alle tye handhaaf.

CMB voeg tasbare en bruikbare bemarkingswaarde toe tot hul toekennings, waaronder ‘n analise en aromawiel van elke produk wat geproe is (ongeag medalje-status).

Die promosie van bekroonde produkte via CMB se internasionale media netwerk.

Laastens, in moeilike ekonomiese tye, vereis CMB van produsente slegs drie (3) bottels wyn en twee (2) bottels gedistilleerde spirits per inskrywing

Concours Mondial de Bruxelles 2019 certificate

Meer as 30 dertig jaar ondervinding

Die kompetisie word bestuur deur kommunikasie-agentskap, Vinopres, wat meer as drie dekades se ondervinding het die bestuur van wyn-, spirits en bier kompetisies wêreldwyd. Dit sluit in die CMB Spirits Selection, Concours Mondial du Sauvignon en die Brussels Beer Challenge.

Concours Mondial de Bruxelles team picture

‘n Span kenners in beheer

Ons span spesialiste gaan alle inskrywings en ondersteunende dokument na en maak seker dat enige foute gekorrigeer word. Hulle sal direk kommunikeer met produsente of agente in geval van enige foutiewe dokumente of wyn- en spirits monsters.

A woman inspecting a glass of red wine

Optimale omstandighede in die proelokaal

Die organiseerders waarborg dat die mees ideale omstandighede vir ons beoordeelaars. Ons proepanele sit in ‘n stil saal met natuurlike lig en uitstekende beligting en goeie lug-vloei. Geen persoon wat nie direk gemoeid is met die kompetisie nie, word toegelaat in die prolokaal tydens die sessies nie.

Picture of judges from several countries tasting wine. There is a flag from the judge's country on his table.

Diversiteit van proepanele

Die organiseerders fokus daarop om ons proepanele saam te stel uit beoordeelaars van uiteenlopende geografiese areas en professionele agtergrond.

Zoom on the hand of someone uncorking a bottle of wine

Deursigtig en geloofwaardig

Alle CMB kompetisies en toekennings word nougeset ge-oudit deur die Service Public Fédéral belge de l’Economie (SPFE). Dit gee aan produsente en alle ander belanghebbendes die versekering dat daar voldoen is aan die kompetisie se reëls en dat die resultate regverdig en deursigtig is.

Concours Mondial de Bruxelles branded bags

Blind proe

Wyn en spirits monsters word gestoor in ‘n aparte area, waartoe die beoordeelaars geen toegang het nie, en ook nooit nie die inskrywings kan sien nie. Anonimiteit van inskrywing is ‘n prioriteit en ‘n fundamentele beginsel van die kompetisie.

‘n Internasionale promosie hulpmiddel

‘n Aromawiel, sowel as ‘n gedetaileerde beskrywing van alle wyne en spirits wat ingeskryf is, kan na afloop van die 2024 kompetisie van die webwerf afgelaai word. Hierdie inligting is ‘n waardevolle hulpmiddel in die bemark en verkoop van elke wyn, sowel as uitstekende produk inligting vir die produsent.

Mexico Selection Awards Ceremony winners with cmb members
1.

Deur die kompetisie elke jaar in ‘n verskillende wynstreek aan te bied, word sigbaarheid van die kompetisie en die wenners verhoog. Die meriete van elke gasheer-land word deeglik ondersoek met die fokus op groeiende markte, beide vir die produksie en verbruik van wyn.

Concours Mondial de Bruxelles 2018 Roma Event
2.

‘n Opgeleide, professionele CMB skakel- en media-span bemark die kompetisie en doen promosies van wenners dwarsdeur die jaar. Die span ontwikkel gespesialiseerde kommunikasie-veldtogte vir ‘n verskeidenheid gehore, wat fokus op bekroonde wyne en spirits.

Someone is showing something on his phone to two persons
3.

CMB vorm venootskappe met media maatskappye en nuusagentskappe in verskillende lande, wat deurlopende globale blootstelling van die bekroonde wyne waarborg.

CMB stand at Vinexpo 2017
4.

Ons gee blootstelling aan die kompetisie en wenners by die wêreld se voorste handelskoue en media geleenthede soos toekennings seremonies, Prowein, Vinitaly, Wine Paris-Vinexpo, Megavino asook in Guiyang en Beijing.

Concours Mondial de Bruxelles Beijing 2018 opening ceremony
5.

Die toenemende wêreldwye erkenning van die CMB handelsmerk, maak markte oop vir nuwe internasionale market, veral in Asia.

Rosé wine bottle with a 2022 CMB silver medal
6.

Die konsep van A Wine Experience by CMB word tans ontwikkel, met opening van CMB Wine Bars en CMB Wine Corners in stede en op lughawens wêreldwyd. In Mexicostad is reeds ‘n CMB Wine Bar gevestig, en ‘n CMB Wine Corner op die stad se lughawe.

Word deel van die kompetisie !

Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.